’n Ma se liefde is onvervangbaar

Wanneer ek saans in my bed lê, kom al die mooi herinneringe van my ma terug na my toe.

My ma is ‘n week gelede dood.

Vir my is dit persoonlik een van die ergste dinge wat met ‘n mens kan gebeur.

Ek weet ek is nie die eerste mens met wie dit gebeur het nie en beslis ook nie die laaste nie, maar vir my voel dit of my wêreld tot stilstand gekom het.

Sy was weliswaar 86 jaar oud, maar nie sieklik nie en kon nog alles vir haarself doen en nou is sy weg – net weg – en ek gaan haar nooit weer sien nie.

Dit is vir my ‘n skrikwekkende ge-dagte dat ek in die Kaap moet gaan kuier en my ma is nie meer daar nie.

Wanneer ek saans in my bed lê, kom al die mooi herinneringe van my ma terug na my toe.

Ek onthou hoe ons ons destyds nog in ons Sondagklere, handskoene en hoedjies moes uitvat vir ‘n uitstappie met die bus stad toe.

Nadat sy haar sake afgehandel het, het ons altyd ‘n pastei en sous by die groot OK Bazaars gaan eet voor ons die terugtog huis toe aangepak het.

Sy het ook altyd ‘n draai by die Kaapse Parade gemaak om te sien wat daar te koop aangebied is.

Sondagaand wou ek kort-kort die foon optel vir ons weeklikse gesprekkies, maar dan slaan die werklikeid my soos ‘n hamer voor die kop dat ek nooit weer sal kan bel en haar stem hoor nie.

My ma was ‘n klein vroutjie met die hart van ‘n leeu en het vir geen duiwel gestuit nie.

Ek het altyd gewens ek was meer soos sy.

Nou bly net die herinneringe oor.

Rus in vrede, Mammie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button