Local newsNews

Amersfoort NG Kerk vier fees om dankie te sê vir 150 jaar se genade

Ringkoppe onder leiding van ds. Frans Leon Cachet het besluit dat daar genoeg mense in die omgewing is om 'n onafhanklike gemeente te te stig en nou, 150 jaar later, sê die gemeente dankie.

Amersfoort NG Kerk is vanjaar 150 jaar oud en eerskomende naweek, 22-24 September, gaan daar fees gevier word.

Amersfoort-gebied was voor 1867 die Vaalrivier-wyk van die Gemeente Uitrecht.

Ringkoppe onder leiding van ds. Frans Leon Cachet het besluit dat daar genoeg mense in die omgewing is om ‘n onafhanklike gemeente te te stig en nou, 150 jaar later, sê die gemeente dankie.

Die feestelikheid begin Vrydag met ‘n fakkelloop vanaf die ou kerkie tot by die kerkgebou vir ‘n jubelkonsert met verskeie kunstenaars wat sal optree.

Saterdag beloof om een groot fees te wees met heerlike kos van pannekoek tot potjiekos wat deur die dag te koop sal wees.

Boeresport vind op Amersfoort Laerskool se rugbyveld plaas waar ou vriende, kennisse en familie sommer net lekker kan saamkuier.

Spesiale aandenkings sal te koop wees.

Sondag se erediens gaan ‘n Fees van Dankbaarheid wees met Nagmaal as dankbetuiging vir 150 jaar se genade.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button