Local newsNews

Standerton vroue beywer hulle vir weerloses

“Ons wil vir kinders ’n gevoel van waarde gee”

Hearts4Standerton pak die lot van weerlose kinders met hart en siel aan.

Dié geregistreerde nie-winsgewende organisasie se ontstaan is te danke aan vroue wat kinders se swaarkry wou verbeter.

“Ons wil vir kinders ’n gevoel van waarde gee om die boodskap dat hulle goed genoeg is, oor te dra,” het me. Amanda le Roux, president van die organisasie, gesê.

“Ek glo ’n mens begin eers leef wanneer jy van jouself gee sonder om enige erkenning of beloning terug te verwag.”

Ingryping by ’n kind op die dorp wat aan ’n raar, genetiese afwyking ly word sedert sy vyfjarige ouderdom met onder meer mediese – en brandstofuitgawes bygestaan en ook met ’n geskikte dieetplan.

Skoolklere vir ’n dogtertjie om met waardigheid haar skoolloopbaan te voltooi en self geldbystand met ’n oogondersoek tel ook onder hulle projekte.

Afgesien van al die versoeke vanuit die gemeenskap, skole en ouers slaag Hearts4Standerton ook daarin om skooltoebroodjies vir laerskole voor te berei of te laat voorberei.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button