Local newsNews

VIDEO – Boer en Brit herleef geskiedenis

Groot opwinding wag vir ’n aantal fietsryers

Die jaarlikse Boer-en-Brit-dag op Val vier vanjaar sy agtste bestaansjaar.

Groot opwinding wag vir ’n aantal fietsryers wat deur die nag vanaf Pretoria ry om die fees op 4 Maart by te woon.

Hulle sal dan aansluit by die bergfietsryers wat om 9vm vertrek en met verskillende roetes na die Whisky Trein Monument ry. (Klik HIER vir aanlyninskrywings.)

Die Dundee Diehards en die plaaslike perdekommando gaan die Whisky Trein voorval in ’n skyngeveg laat herleef.

Juliette Whelpton, bekende jeugskrywer, sal haar boek Helde met Hoewe bekendstel, waarin die bekende perde van die Boere-oorlog vereer word.

Afgri/Hinterland se stalletjie gaan boeresport aanbied en ’n Boer-en-Brit-wisseltrofee aan die wenspan toeken.

Vanjaar se tradisionele geregte sluit in kaiings en pap, afval en stampmielies, skilpadjies en pap, boeretroos, biltong, kerrie en rys, boereworsrolle, organiese kaas en Boer en Brit wyne.

Vir die Britte sal ook voorsiening gemaak word met “bangers and mash“, “English breakfast”, “pie and gravy” en ’n “tea garden”.

Handgemaakte artikels en tuisgemaakte versnaperinge sal te koop aangebied word.

Later sal heerlik gekuier en stories om die kampvuur uitgeruil word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button