MunicipalNews

Verstopte afvoerpyp maak sakeman die herrie in

Die afvoersloot het egter steeds oorgeloop.

’n Onderneming in Paarlstraat stink vrot weens riool wat oorloop.

Die eienaar van Jeria Ambulansdienste, mnr. Pieter van der Westhuizen, het vanaf 10 Februarie gesukkel om die Lekwa Munisipaliteit by die perseel langs hom te kry waar ’n verstopte afvoerspyp vir dae aaneen oorgeloop het.

Die riool loop oor drie erwe, waarvan Jeria Ambulansdienste in die middel geleë is.

Hy het gesê hy het met ene Josef by die munisipaliteit gepraat wat herhaaldelik aan hom gesê het dat hulle iemand sal uitstuur.

Die stank en die water wat by die onderneming se erf opdam, is problematies vir kursusgangers en kliënte wat nie die normale ingang kan gebruik nie en deur die motorhuis moet beweeg om die gebou binne te gaan.

Die munisipaliteit het op 14 Febraurie die pyp kom skoonmaak en die afval wat hulle uit die verstopping gehaal het, net so gelos.

Die afvoersloot het egter steeds oorvloei.

Mnr. Van der Westhuizen het op 15 Februarie die probleem weer by Joseph aangemeld.

“Dit is ’n probleem wat die munisipaliteit vinnig kan oplos.

“Dis onaangenaam om in so vrot reuk te werk en heeltyd in gemors te trap,” het hy gesê.

Volgens hom is die afvoersloot na agt foonoproepe na die munisipaliteit steeds verstop.

Die Standerton Advertiser sal die munisipaliteit om kommentaar nader, kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser om te sien wat hul antwoord hierop is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button