Local newsNews

Boere vertrek per boot vir spanbou

Hulle het verlede jaar reeds besluit om vanjaar ’n spanbouaksie te loods.

Holmdene-boere wil binnekort die see aandurf. ‘n Groep van 20 boere het besluit om op 17 Februarie die droë land ‘n kort wyle vir die see te verruil.

Volgens mnr. Pieter Jansen van Vuuren het hulle verlede jaar, wat ‘n moeilike droë jaar was, reeds besluit om vanjaar ‘n spanbouaksie te loods.

Hulle het op ‘n drie-dag-bootreis op die MSC Symphonia na die Portugese Eilande besluit. Die reis word moontlik deur Pannar, DeKalb, Verblyden Slaghuis en Pioneer (mnr. Francois du Plessis) moontlik gemaak. Die boere het gesê hulle sien vreeslik uit na die ontspannende tydjie wat voorlê.

Die Standerton Advertiser sal lesers op hoogte bring van hoe die reis afgeloop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button