Local newsNews

Tannie Nellie dink terug

“Die toer was egter die lekkerste van alles.”

Tannie Nellie Engelbrecht se geheue laat haar nie in die steek as sy oor vakansiewedervaringe praat nie.

Tannie Nellie bereik in April die 80-mylpaal na sy sedert 2007 op die dorp is en het einde April 2014 haar intrek by die plaaslike ouetehuis geneem.

Haar oorlede eggenoot, Jan, het na sy aftrede as toergids opgetree en 4 x 4-entoesiaste het die togte na Kaokoland in Namibië aangepak en die noorde en suide deurkruis.

“Baie mense wil na plekke toe gaan, maar is te bang om te ry,” het tannie Nellie gesê.

Tannie Nellie Engelbrecht by haar woonstel in die ouetehuis.
Tannie Nellie Engelbrecht by haar woonstel in die ouetehuis.

Die Engelbrecht-gesin was die eerste keer met ’n woonwa na Zimbabwe toe hul jongste dogter, Susan, ses jaar oud was.

Met die min voertuie op die paaie kon die destydse twee teerstrepe bemeester word totdat hulle vir die aand kon uitkamp.

’n Jaar daarna is hulle Mosambiek toe wat altyd in die Julievakansie geval het om Jan se werksverpligtinge by die voormalige Yskor nie omver te gooi nie.

Botswana met hulle wildtuine was ook ’n gewilde bestemming en hulle het jaarliks by ’n groot kremetartboom by Nata in Botswana oornag.

 

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button