Local sportSport

Rolbalklub kry eie drag

Die president, André de Bruto, en sy vrou, Annatjie (kompetisiesekretaresse), het dit vinnig gereël en die span het Saterdag daarmee aan Sasol Secunda se borgdag deelgeneem.

Standerton Rolbalklub het uiteindelik hul eie rolbaldrag gekry.

Die president, André de Bruto, en sy vrou, Annatjie (kompetisiesekretaresse), het dit vinnig gereël en die span het Saterdag daarmee aan Sasol Secunda se borgdag deelgeneem.

Hulle het dadelik aandag getrek en baie komplimente gekry.

André en Annatjie de Bruto, Elrina Greaves en Colin Munro op 28 Januarie by 'n kompetisie op Secunda.
André en Annatjie de Bruto, Elrina Greaves en Colin Munro op 28 Januarie by ‘n kompetisie op Secunda.

Die De Bruto’s word vir hulle inisiatief bedank.

Annatjie de Bruto is ook in die Mpumalanga Viere-span opgeneem wat eersdaags op Margate gaan deelneem.

Haar spanmaats is Anette van Ryneveld en Lanie Nel van Secunda en Vaino Prinsloo van Ermelo.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button