Agt van Hoërskool Ermelo se netbalspelers het gedurende die afgelope vakansie aan verskeie Suid-Afrikaanse Skole Netbal (SASN)-toernooie deelgeneem.
Drie van dié dogters is gekies as kapteine van hul onderskeie spanne.
U-vandé Nortje was kaptein en het saam met Dalene Klopper vir die 0/18 A2-span wat 12de geëindig het, gespeel.
Noluthando Mkonza was in die 0/17-span wat ook ‘n 12de plek ingeneem het.
Lihle Msibi was in die 0/16A-span wat ‘n agtste plek verower het en Lungile Vilikazi was in die 0/16A2-span wat 16de geëindig het.
Amy Greyling, kaptein van die 0/15A1-span het haar span na ‘n derde plek gelei en Zara Büchling het vir die 0/15A2-span gespeel wat ‘n 15de plek ingeneem het.
U-lené Nortje was kaptein van die 0/14A2-span wat 19de geëindig het.