Local newsNews

Hoë pryse by alleras ram- en bulveiling

Die afslaers, Paul Botha en Mike Killassy, het die taak gehad om die 133 ramme en 236 bulle vir die hoogste prys te verkoop. Slegs 15 bulle en vyf ramme het nie nuwe eienaars gekry nie.

Ian Potgieter van Bothaville met die Suffolkram wat hy vir R16 000 gekoop het.
Joachim van Wyk van Jagtdrift Brangus Ermelo met die Brangusbul wat hulle by die OTVL ram- en bulveiling gekoop het. Die bul het die hoogste prys, R100 000, op die veiling behaal.

Vleissentraal Ermelo het verlede week die 23ste Oos-Transvaalse Ram- en Bulveiling aangebied.

Dit is die grootste alleras ram- en bulveiling in Suid-Afrika met 47 bul- en 23 ram telers wat vanjaar hul diere te koop aangebied het.

Slegs telers wat vooraf gekeur is, ontvang uitnodigings om hul diere op dié veiling te verkoop. Die diere word op die dag vir ‘n tweede keer gekeur voordat hulle die ring mag binnegaan.

Dis juis streng maatreëls soos dié wat dié veiling jaarliks van krag tot krag laat gaan en vir kopers die geleentheid bied om op diere van die hoogste kwaliteit te kan bie.

Die afslaers, Paul Botha en Mike Killassy, het die taak gehad om die 133 ramme en 236 bulle vir die hoogste prys te verkoop.
Slegs 15 bulle en vyf ramme het nie nuwe eienaars gekry nie.

Rian van Wyk van Jagtdrift Brangus Ermelo moes R100 000 uithaal vir die Brangus-bul wat die hoogste prys op die veiling behaal het, wat deur Martin Campher van Keeversfontein-boerdery Ladysmith te koop aangebied is.

Die ram wat die hoogste prys behaal het, is ‘n Merino Veldram van Naas Steyn van Bethal wat vir Othard Klingenberg van Wakkerstroom R24 000 uit die sak gejaag het.

‘n Opsomming van die hoogste pryse behaal vir die verskillende ram-rasse is as volg: Merino: R13 000 – Johan Minnaar, Phoenix Merinos,Graaf-Reinet (verkoper) – Oubaas Landman, Ermelo (koper).
Merino Landskaap: R17 000 – Ben du Plessis, Koppies (verkoper) – Marietha
Pieterse, Carolina (koper).
Ile de France: Regina Harmse, RCH Ile de France Stoet, Ermelo (verkoper) – Pieter Coetzee, Dundee (koper).
Dormers: R7 000 – Francois Snyders, Ermelo (verkoper) – Johan Fourie, Loudine Trust, Nylstroom (koper).
Suffolks: R16 000 – Carel Greyling, Carmar Stoet, Makwassie (verkoper) – Ian Potgieter, Bothaville (koper).
SA Vleismerino: R16 000 – Jo Wilkinson, Eikenhof (verkoper) – Leon Bekker, Warden (koper) en R16 000 -Vos Grey, Janvos Landgoed,Davel (verkoper) – JP Cilliers, Lothair (koper).

Opsomming van die bulrasse: Herefords:
R42 000 – Heiko Koster, Vicedale
Herefords, Cullinan (verkoper) – Heelbo Boerdery, Senekal (koper). Brahman: R65 000 – James Prinsloo & Seuns, Jamica Brahmane (verkoper) – Jan de Jager, Bethal (koper).
Boran: R35 000 – Wessel Meyer, Meybor Borane, Ermelo (verkoper) – Neels Lourens, Van Dyksdrift (koper).
Drakensberger: R60 000 – Petrus Taljaard, Talman Drakensberger, Ermelo (verkoper) – Gawie Roux, Ventersburg (koper).
Hugenote: R67 500 – Fanus en SJ de Bruyn, Anbru Boerdery (verkoper) – Moolman Mentz, Ermelo (koper).
Simbra: R60 000 – James Prinsloo en seuns, Jamica Simbras (verkoper) – Emile Muller, Frankfort (koper).
Braford: R80 000 – Charlotte & Lotie Schutte, Heelbo Boerdery (verkoper) – Peter Honeyborne, Blinkpan (koper).
Limousins: R42 500 – Rudi Hize & seuns, Rodriqe Limousins (verkoper) – Simon Rikert, Standerton (koper).
Beefmaster: R65 000 – Charles Campher, Sandspruit Beefmasters (verkoper) – Jan van Niekerk, Amersfoort (koper).
Simmentaler: R58 000 – Peter Abrahamse, River Valley Simmentalers, Drie Riviere (verkoper) – Johan Hiestermann, Piet Retief (koper).
Bonsmara: R32 000 – Pieter Lourens, Bonga Bonsmara, Ermelo (verkoper) –
Roelien Saunders, Witrivier (koper).
Sussex: R44 000 – Geoffrey Orpen, AVOCA, Barkley-Oos (verkoper) – Johan Nel, Ermelo (koper).

Die veilinggemiddeld vir bulle was R39 873 en die gemiddeld vir ramme R8 343.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button