MunicipalNews

Dit het soos ’n blomtuin gelyk

Daardie plek het jare gelede soos ’n blomtuin oor Kerstyd gelyk.

’n Inwoner van Standerton het haar ongelukkigheid oor die toetsand van die begrafplaas in Lombardstraat uitgespreek.

Sy verkies om anoniem te bly uit vrees dat sy geteiken mag word.

Die inwoner is op Standerton gebore en het haar lewe lank hier gewoon.

Sy sê buiten al haar geliefdes wat in daardie begrafplaas lê, is daar baie mense daar begrawe wat Standerton help opbou het.

“Daardie mense verdien nie om begrawe te lê in so oorgroeide, onnet begraafplaas nie.

Die begraafplaas in Lombaardstraat is ’n seeroog vir inwoners wat jare gelede by die plek ontmoet het om blomme op grafte te sit.
Die begraafplaas in Lombaardstraat is ’n seeroog vir inwoners wat jare gelede by die plek ontmoet het om blomme op grafte te sit.

Hulle het baie vir die dorp gedoen.

Daardie plek het jare gelede soos ’n blomtuin oor Kerstyd gelyk.” het sy vertel.

Sy voel dat elke persoon wat daar begrawe lê betaal het vir sy graf en dat dit onaanvaarbaar is dat dinge so verval in die begraafplaas.

Mnr. Hillel Coetzer van Afriform het gesê, : “Dit is ’n groot gebied wat moet skoon kom en ons moet goed beplan.”

Hy het verder gesê dat hulle ’n projek gaan loots om die begraafplaas binnekort skoon te maak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button