GalleriesLocal sportSportSports galleries

Ermelo vat Loskop vas

Die Ermeloërs het egter met 'n terugvegpoging vorendag gekom en nog drie drieë gedruk.

Sien foto’s:

Ermelo Rugbyklub se eerste en tweede span het albei Saterdag met oorwinnings in ligawedstryde teen Loskop Rugbyklub van die veld afgestap. Die wedstryde is op EHS se velde gespeel.

Ermelo se eerste span het uiteindelik met 34 – 24 geseëvier nadat hul rustyd met 19 – 21 agter was. Albei spanne het in die eerste helfte drie drieë gedruk, maar Ermelo kon net twee van die drieë in doele omskep, terwyl Loskop met al drie doelskoppe geslaag het.

In die tweede helfte het Loskop vroeg toegeslaan met ‘n strafskop enkele meters vanaf die halflyn om hul voorsprong tot 24 – 19 te laat rek.

Die Ermeloërs het egter met ‘n terugvegpoging vorendag gekom en nog drie drieë gedruk wat die telling op 34 – 24 te staan gebring het.

Vir Ermelo het Tiaan Rosslee en Lee Langenhoven elkeen twee drieë gedruk en Dylan Bornmann en Wenzel Sonnekus elkeen een drie.

Lee Langenhoven en Wenzel Sonnekus is as spelers van die wedstryd gekies en die spelers se speler van die wedstryd was Jaco Spies.

Ermelo se tweede span het karakter getoon om ‘n spannende wedstryd met 24 – 10 te wen nadat hulle aanvanklik met 0 – 10 agter was.

Ermelo se tweedes het daarna drie doele aangeteken om die wedstryd buite die bereik van die besoekers te plaas. André Thomas het twee drieë gedruk, drie doelskoppe en een strafskop behaal en is ook as speler van die wedstryd gekies.

Leonard Venter is as die spelers se speler van die wedstryd gekies.

Ermelo speel eerskomende Saterdag in ‘n ligawedstryd teen Standerton Rugbyklub.

Die wedstryde word op die  AJ Swanepoelstadion gespeel en begin om 14:45 (tweedes) en 16:00 (eerstes).

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button