Local newsNews

‘Chutney’ is by die huis

Ruan was toe op "maintenance chemo" waar een maal 'n maand vir 10 dae by die huis gespuit moes word, Ruan was ook in isolasie en kon glad nie tussen mense wees, dus geen skool vir die jaar nie.

Die Standerton Advertiser het berig oor die kankerlyer, Ruan Vunderink, ook beter bekend as “Chutney”, van Morgenzon Landbou Akademie (MLA).

Met vriendelike vergunning van sy ma, me. Quinette Mundell, kan die verhaal oor sy ontberinge gepubliseer word.

Met groot hartseer is die skokkende nuus op 9 November verlede jaar ontvang dat Ruan op die jong ouderdom van 16 met akute bloed- en beenmurgkanker gediagnoseer is.

Ruan het onder andere presteer in perdesport, as haker diens in MLA se tweede rugbyspan gedoen en visvang en gholf geniet.

Die emosies en gevoelens tydens sy hospitaalopnames kan nie beskryf word nie.

Ruan het verlede jaar sy Kersfees met chemoterapie deurgebring.

“As ouer kan jy niks doen nie, jou hande is afgekap.”

Ruan is uiteindelik op 2 Maart uit die hospitaal ontslaan en was uiteindelik in remissie en daar moes gewag word of die mediese fond ‘n internasionale skenker gaan goedkeur omdat die Suid-Afrikaanse beenmurgregister op 71 000 skenkers staan.

Jy het ‘n 1: 100 000 kans om ‘n 100% skenker te kry.

Ruan was toe op “maintenance chemo” waar een maal ‘n maand vir 10 dae by die huis gespuit moes word, Ruan was ook in isolasie en kon glad nie tussen mense wees, dus geen skool vir die jaar nie.

Hulle het hom op 21 Mei skool toe geneem vir die oggend net om sy maatjies te sien wat hy verlede November gesien het.

“Reach for a Dream” het met hom in verbinding getree en die naweek van 3 Junie is hy saam met Hier gaan ons Alweer se André van Rooyen en Super Cast se Schalk van Breda en Barend weg na die viswater toe vir sy droomvisvang.

Ruan het dit vreeslik geniet.

 

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button