Local newsNews

Frank Opperman besoek dorp

Gaste kan vertoning geniet by Basement Teater.

SECUNDA – Frank Opperman besoek die dorp op 30 Augustus as ds. Tienie Benade met sy vertoning Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade.

Die vertoning begin om 7nm vir 7.30nm by die Basement Teater en kaartjies kos R100 per persoon.

Die stuk handel oor ds. Benade wat ’n middeljarige predikant van ’n sukkelende Afrikaanse gemeente is.

Die gemeente se lot is dieselfde as dié van baie ander gemeentes: die lidmaatgetalle kwyn, die gemeente se skuldlas groei en die gemeentelede wat steeds tot die kerk behoort, is onseker hoe om sinvol in ’n moderne wêreld te bly glo aan God.

Dit is ’n storie van verdriet, maar ook ’n storie van hoop wat nie beskaam nie.

Eish Restaurant by Lake Umuzi sal na afloop van die vertoning oop wees vir dié wat nog ’n drankie wil geniet.

Die kunstenaar wat mnr. Johan Rosslee vir September genooi het, is Margit Meyer-Rödenbeck met haar vertoning Dowwe Dolla Betaal Belasting.

Dié vertoning sal op 27 September op die planke by die Basement Teater wees en begin om 8nm vir 8.30nm.

Kaartjies kos R100 per persoon.

Vir meer inligting of om jou kaartjie te bespreek, skakel me. Elmarie van Huyssteen by Secunda Rame by 017 634 8312.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button