MunicipalNews

Geen geld vir instandhouding by begraafplase nie

’n Bron van die parke- en onspanningsafdeling is in die laaste berig aangehaal: “Ek kan slegs die gang vee as daar vir my ’n besem gegee word.”

Lekwa Munisipaliteit het bevestig dat daar nie geld óf gereedskap, wat in werkende toestand is, om die begraafplase op die dorp te onderhou nie.

Dit ná die Standerton Ibis (koerantweergawe) onderskeidelik op 8 April en 13 Mei oor die toestand van die begraafplase berig het.

Gedeeltes van die gras in die begraafplaas in Walter Sisulurylaan is gesny, maar verder en dieper met die paadjies af is alles toegegroei.

Die Ibis het ook berig oor inwoners wat die begraafplaas as ’n deurgang na die dorp gebruik en oor bokke wat met bekke vol gras jou by die ingang inwag.

Volgens me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, is die parke- en onspanningsafdeling veronderstel om maandelikse instandhouding te doen.

Sy het gesê dat daar ’n agterstand van drie maande is weens die uitdaging wat ondoeltreffende en stukkende gereedskap inhou.

’n Bron van die parke- en onspanningsafdeling is in die laaste berig aangehaal: “Ek kan slegs die gang vee as daar vir my ’n besem gegee word.”

Daar is tans 47 mense in diens by die parke- en onspanningsafdeling en hoewel hul nie beperk is tot die begraafplaas nie, laat dit mens wonder hoeveel ander gange sonder besems gevee moet word.

Oor die omheining wat sowat drie jaar gelede glo gesteel is, het me. Mtshiselwa gesê dat dit vir die munisipaliteit ’n bekommernis is, maar dat daar nie geld in die 2015/16-boekjaar daarvoor geallokeer is nie.

Ter afsluiting het me. Mtshiselwa gesê: “Alle begraafplase rondom Lekwa moet opgradeer word.

“Die munisipaliteit moedig inwoners aan om hul heffings te betaal vir dienste sodat daar vir die instandhouding van begraafplase begroot kan word.”

LEES OOK:

Lewe in die begraafplaas

Daar loop ‘iemand’ oor my graf

GALERY:

Begraafplaas benodig instandhouding

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button