CrimeNews

Renoster ‘Meraai’ gestroop in Standerton-omgewing

“Die horing is met brutaliteit afgekap,” het mnr. Wasserman gesê.

’n Sewe-jaar-oue renosterkoei, Meraai, is verlede Vrydagaand op ’n plaas in die Standerton-omgewing geskiet.

Mnr. Johan Wasserman, eienaar van die plaas, is deur sy plaasbestuurder, mnr. Tielman Schoombie gebel nadat ’n geweerskoot afgegaan het.

Die alarm het daarna ook afgegaan en Kasselman Veiligheidsdienste is gebel.

“Die horing is met brutaliteit afgekap,” het mnr. Wasserman gesê.

In weerwil van veiligheidsmaatreëls soos ’n elektriese heining, is die draad geknip en die boosdoener/boosdoeners het die dier geskiet en daarna op die vlug geslaan.

Volgens mnr. Wasserman is dié unieke, historiese dier uit die boma gelok en gewetenloos afgemaai.

Sien die foto’s HIER

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button