Local newsNews

Ou vriende ontmoet weer na 50 jaar

Die reënerige en tipiese koue Ermelo-weer kon nie die Oud-Erries se gees demp tydens hul besoek aan hul alma mater nie.

Die reënerige en tipiese koue Ermelo-weer kon nie die Oud-Erries se gees demp tydens hul besoek aan hul alma mater nie.

Die 1966-matriekgroep het hul 50-jaar reünie verlede Saterdag by Hoërskool Ermelo gehou. Hul dag het begin met ’n nostalgiese rit deur die dorp waarin hulle grootgeword het, maar wat intussen heelwat verander het.

Ná ’n kultuuruitvoering in die ouditorium het hulle middagete in die hotelskool geniet voor die langverwagte “trip down memory lane” in die skoolgebou begin is. “Onthou jy hier…” en “in daardie klas…” het die 50 jaar wat verloop het, soos vyf laat voel.

Me.Tilla Röhrbeck, een van dié groep se onderwysers, het nie die moeite ontsien om ook die dag met hulle te deel nie.

“Dit was lekker om die kinders weer te sien,” was haar woorde.

Die hoogtepunt was die argief.

Ou geskrifte en jaarblaaie is in diepte bestudeer ,terwyl daar heerlik gekuier is.

Tydens die aand se geleentheid in die hotelskool is bewys dat een dag nie genoeg is om 50 jaar se herinneringe te deel nie.

Die klas van ’66 se kommentaar:

“ Dit was fantasties om te sien hoe goed dit met die skool gaan en hoe toegewyd julle is.” Madelein Jacobs.

“Dit was ’n reusesukses. Baie dankie vir die foto wat van my in my ou wiskundeklas geneem is. Dit word waardeer.” Gideon Gericke

“Dit was heerlik om deur die dorp te ry en ons jeugjare te herleef. Dit was net so lekker om daarna saam te kuier by die skool en die argief te besoek.

Ek het die dag geweldig geniet – veral om weer 17 jaar oud te voel – en sal die samesyn nog lank onthou!” Christa van Wyk

“Wat egter merkwaardig was, was om te sien hoe die EHS van krag tot krag gaan en steeds blyk een van die beste skole in die land te bly. Voorwaar ’n span met ’n bestuur en personeel wat deur ouers, kinders en gemeenskap ondersteun word. Almal van ons “50-jariges” was en is steeds baie trots om vir baie jare deel te kon wees van hierdie hoërskool met sy uitstaande suksesse en tradisies. Ons salueer hierdie huidige pedagogiese span en wens hulle Gods rykste seën toe.” Freddie van Rensburg.

“Ons het almal gepraat hoe oneindig trots ons is om Erries te wees, die skoolterrein wat so mooi onderhou word en al die tradisies wat behou word.

DIS LEKKER OM N ERRIE TE WEES!!” Ria Stolp (nee Hugo)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button