Local newsNews

Bloed ís dikker as water

“Skenk bloed en red ’n lewe” is ses woorde wat wat nie ernstig opgeneem word nie, dis nou tot die noodlot tref.

“Skenk bloed en red ’n lewe” is ses woorde wat wat nie ernstig opgeneem word nie, dis nou tot die noodlot tref.

Pieter Louw van Ermelo, self ’n skenker vanaf 16-jarige ouderdom, sou nie vandag sy storie kon vertel het as dit nie was vir 55 eenhede bloed wat hy in ’n tydperk van ’n jaar ontvang het nie.

Pieter het in Oktober 2012 ’n aneurisme gehad en sy aortastam en -klep moes vervang word.

Hy was vir 10 ure indie teater en danksy die 16 eenhede bloed wat hy ontvang het, is hy vyf dae later ontslaan.

Min het hy geweet dat dit nie die laaste keer sou wees dat sy lewe van die bloed van ander sou afhang nie.

’n Jaar later het Pieter anemies geraak en ná vele toetse het dokters uitgevind dat hy ’n infeksie opgedoen het tydens ’n roetine tandartsafspraak.

Die kiem het die meganiese hartklep wat die vorige jaar vervang is, aangeval en veroorsaak dat die klep losgegaa en op en af in die aorta rondbeweeg het.

Dié keer moes hy ’n 14 uur lange operasie ondergaan waar hy 39 eenhede bloed ontvang het.

Dokters kon egter nie die bloeding beheer nie en hy moes drie dae met ’n oop borskas in die intensiewe eenheid deurbring voordat sy bors weer toegewerk is.

Daarna is hy weer vir vyf dae terug na die intensiewesorgeenheid, onder swaar verdowing.

Pieter moes toe nog 10 weke in die kardioeenheid deurbring.

Sy vrou, Marion, sê dat alle eer en dank aan die Hemelse Vader gaan wat hul familie in die twee moelike situasies soveel keer Sy genade laat sien en wonderwerke laat beleef het.

“ Dankie aan elke skenker wat bygedra het vir Pieter om sy lewe terug te kry,” het sy gesê.

In Ermelo en omgewing alleen moet maandeliks 1000 eenhede bloed ingesamel word, maar dié teiken word selde behaal.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) is afhanklik van vrywilligers se skenkings om te verseker dat daar genoeg bloed beskikbaar is vir dié wat dit nodig het, hetsy dit ’n paar eenhede is vir kraamgevalle en klein operasies of meer eenhede vir pasiënte wat in ernstige ongelukke betrokke was of groot operasies moet ondergaan.

Die feit bly staan: niemand weet wanneer hulle bloed gaan benodig nie. Maak vandag nog ’n verskil, besoek Ermelo se skenkersentrum in die Juanricvor-gebou in Kerkstraat en gee die geskenk van lewe.

Foto

Pieter Louw is dankbaar vir die 55 eenhede bloed wat sy lewe gered het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button