Local newsNews

Plaaslike boer gepas vereer

Sy kundigheid en vaardigheid word wyd erken en hy het 'n wesenlike bydrae gemaak om lede in veiligheid op hul plase te hou.

‘n Besondere eer het ‘n bekende boer van die Ermelo- en Sheepmooromgewing, mnr. Henry Geldenhuys, te beurt geval toe hy onlangs deur TLU-SA met ‘n spesiale oorkonde vereer is.

Die oorkonde is tydens ‘n glans-geleentheid by die TLU se jaarkongres in Pretoria aan mnr. Geldenhuys oorhandig en gee erkenning aan sy betrokkenheid en daadwerklike bydraes tot landelike veiligheid in Suid-Afrika.

Dit is toegeken as blyk van waardering en erkenning vir die onbaatsugtige en toegewyde diens wat hy in belang van Suid-Afrika se boere in die hantering van veiligheidsaangeleenthede en die verbetering van landelike veilgheid lewer.

Sy kundigheid en vaardigheid word wyd erken en hy het ‘n wesenlike bydrae gemaak om lede in veiligheid op hul plase te hou.”

Mnr. Geldenhuys is tydens vanjaar se kongres herkies as adjunk-president TLU-SA en hy dien ook as nasionale voorsitter, Veiligheid-TLU SA.

Die president van TLU-SA, mnr. Louis Meintjies het die oor-handiging waargeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button