Editor's note

Algemene Sinode van die N.G. Kerk neem besluit

Nodeloos om te sê, sal ons menings - veral oor kontroversiële sake, verskil.

Die Algemene Sinode van die N.G. Kerk het onlangs besluit om permanente selfdegeslagverhoudings goed te keur.

Dié beslissing het tonge laat klap weens diepe teleurstelling, verwarring omtrent die kerk se fondasie en in sommige gevalle blydskap oor die spreekwoordelike diskriminasiekaart wat in die asblik gegooi is.

Waarom die enorme reaksie hetsy nou goed of sleg?

Het ons begin om ons eie geloofsregstelsel te skep?

Watter oortreding is groter, moord of diefstal?

As jy gesê het moord is jy deel van die meerderheid.

Kom ons stel die vraag anders: Watter oortreding is groter in God se oë?

Dit raak moeiliker omdat nie alle sonde in ’n tabel in die Bybel geklassifiseer word nie.

Wat ons wel oor kan saamstem is dat alle sonde ’n gelyke uitwerking op ons verhouding met God het, maar dat die aardse gevolge van ons sondige dade ander nagevolge het.

Volgens wie se maatstaf oordeel jy? God s’n? Lees dan Mat 7:1-5.

Weet ons nie ook te goed dat daar vir elke vers in die Bybel ’n vers is om die teendeel te bewys nie?

Interpretasie van die Bybel is waarom daar nie net een kerk in Suid-Afrika bestaan nie.

Is die probleem in dié geval dat ons nie weet of homoseksualiteit sonde is nie óf is die probleem dat God sê ons moet nie ander oordeel nie en daarom dat mense met dié oriëntasie nie uit die kerk uitgesluit kan word nie?

Word die kerk geoordeel oor hy nie mag oordeel nie?

Word die geloofwaardigheid van die kerk in twyfel getrek oor dit ’n beslissing moes neem om óf te oordeel óf om ‘gay-sondaars’ toegang te gee tot die kerk?

Dit is egter belangrik om te besef niemand is dieselfde aanmekaar gesit of op dieselfde wyse grootgemaak nie.

Nodeloos om te sê, sal menings – veral oor kontroversiële sake, verskil.

Dié saak het ontaard in ’n boksgeveg met die een hoek wat sê pas aan by die tye, en die ander hoek wat sê tye het verander, maar God en Sy woord bly onveranderd.

In watter hoek staan jy?

Stuur jou mening hieroor na die redakteur by editor@stadvertiser.co.za

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button