Opinion

Snippie se baas loof manne vir hulp

Baie dankie dat julle uit julle pad gegaan het om Snippie terug te vind; ons het net mekaar.

Anne Hamman (80), Ermelo:
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om die twee ACSU-wagte wat hulle Vrydagoggend oor my ontferm het, hartlik te bedank.

Terwyl ek my vullissakke uitgesit het, het iemand in die straat verbygeloop en Snippie, my hond, het uitgeglip en hom agterna gesit.

Ek loop baie swaar en het nie my kierie by my gehad nie, maar kon haar tot by die hoek volg voordat sy uit my sig verdwyn het.

Die twee manne van ACSU het toevallig verbygery en gemerk dat iets nie pluis is nie.

Hulle het dadelik help soek na Snippie en haar ‘n paar blokke verder in die middel van die pad gekry.

Daarna het hulle my ook weer veilig by my huis terugbesorg.

Baie dankie dat julle uit julle pad gegaan het om Snippie terug te vind; ons het net mekaar.

Related Articles

Back to top button