CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Nollie word vermis

’n Standerton inwoner, mnr. Nollie Cronjé, word sedert Dinsdagoggend vermis.

Mnr. Nollie Cronjé van Standerton word sedert Dinsdagoggend vermis.

Volgens sy ma, me. Tina Grobler, was hy laas om 11vm op die Vrede-pad buite Standerton gesien nadat iemand haar laat laat weet het hy was te voet.

“Ek wens net hy wil weer by die huis instap,” het sy ma gesê.

Volgens haar is die Standerton Polisie en Kasselman Veilgheidsdienste in kennis gestel en geen onraad word tans vermoed nie.

“Hy het Dinsdagoggend vir my gesê hy gaan sigarette koop en het nooit teruggekom nie.”

Volgens me. Grobler het hy nie baie vriende nie en daar is ook nie familie by wie hy sou gaan kuier het nie.

Hy het in ’n blou t-hemp, oranje sigbaarheidsbaadjie,’n driekwartkakiebroek en ’n paar swart tekkies aangehad.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button