Editor's choiceLocal newsNews

‘n Baie duur speelding

'n Lisensie kos R80 000 en dit is 'n weeklange kursus wat jy moet loop.

Nuwe reëls en regulasies rondom hommeltuie in Suid-Afrika is onlangs deur me.

Dipu Peters, Minister van Vervoer, geteken en sal op 1 Julie gepubliseer en geïmplementeer word.

Die reëls is soos volg:

• ‘n Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid (SABL) goedgekeurde en geldige afgeleë vlieënierslisensie word benodig, sowel as ‘n brief van goedkeuring van die hommeltuigbedryf.

• Die brief sal vir 12 maande geldig wees. Terwyl die dokumente nie nodig by die aankoop van ‘n tuig is nie, moet die verkoper die koper bewus maak van die vereistes, soos in die SABL-regulasies uiteengesit.

• Hommeltuie mag nie meer as 400vt of 120m bo die grond vlieg nie, ook nie binne 10km van ‘n lughawe nie.

• Hommeltuie kan nie gevlieg word binne 50m bo of naby aan ‘n persoon of groep mense, struktuur of gebou sonder vooraf goedkeuring van die SABL nie.

Eienaars van hommeltuie mag ook nie oor of naby nasionale sleutelpunte gevlieg word nie.

• Die reëls is nie van toepassing op speelgoedvliegtuie of onbemande ballonne of ander vorme van vliegtuie waar vertraagde reaksie geld nie.

• ‘n Openbare pad vir die opstyg of landing van ‘n hommeltuig mag nie gebruik word nie, tensy dit buite die visuele lyn van sig of nagbedrywighede is, wat goedgekeur moet word.

• ‘n Hommeltuig mag nie in ongunstige weerstoestande gevlieg word nie, waar sig van die tuig belemmer word.

• Hommeltuie moet voor alle bemande vliegtuie pad gee.

• Van vlieëniers sal verwag word om in te skakel by die lugverkeerdienste as hulle ‘n hommeltuig vlieg.

• Hommeltuie kan nie gebruik word om ‘n vrag te vervoer nie of om aflewerings te maak nie.

• Hommeltuie mag nie ‘n ander vliegtuig sleep nie, by ‘n skou vertoon word of in ‘n swerm gevlieg word nie.

• Alle voorvalle met ‘n hommeltuig moet aangemeld word, veral waar ‘n besering aan ‘n persoon, skade aan eiendom, of vernietiging van die tuig, buite ekonomiese herstel, voorkom.

“‘n Lisensie kos R80 000 en dit is ‘n weeklange kursus wat jy moet loop,” het mnr. Jandré Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste gesê.

Hy het ook gesê dat hy nie weet wie daardie soort geld het nie, maar as jy sonder een gevang word, mag jy dalk tronkstraf kry.

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

Related Articles

Back to top button