Editor's choiceLocal newsNews

Man het nie geld om vrou en dogtertjie te begrawe nie

Lizelle (22) en Jordan Matthee (3) het Maandag in gru-ongeluk buite Evander gesterf.

EVANDER – Me. Lizelle (22) en Jordan Matthee (3), wat Maandag in ’n ongeluk buite Evander gesterf het, se familie sê daar is nie geld om hulle te begrawe nie.

Me. Matthee se skoonpa, mnr. Kassie Matthee, het aan die Ridge Times gesê sy seun, mnr. Niel Matthee (29), wat ook in die voertuig was, het nie ’n begrafnispolis nie.

Die ongeluk het omstreeks 2nm by die T-aansluiting by Walkerpark Gholfklub plaasgevind.

Mnr. Matthee en hul seuntjie, Wesley (1), lê tans in die Mediclinic Highveld op Trichardt.

Mnr. Matthee het vyf ribbebene gebreek en Wesley het sy been op twee plekke gebreek.

Skakel mnr. Kasper Matthee by 076 566 2805.

Klik hier om die oorspronklike artikel te lees.

Related Articles

Back to top button