CrimeLocal newsNews

Polisie hou wakende oog

Die polisie het inwoners versoek om waaksaam te wees in die feesseisoen as hulle Kersinkopies doen.

Die Standerton Polisie het die volgende verdagtes die afgelope week in hegtenis geneem:

• Een vir aanranding

• Vier vir besit van dwelms

• Vier vir aanranding met die opset om ernstig te beseer

• Twee vir opsetlike saakbeskadiging

• Drie vir roekelose en nalatige bestuur

• Een vir veediefstal

• Een vir gewapende roof

• Twee vir verkragting

• Een vir roof en aanranding met die opset om ernstig te beseer

• Een vir dronkbestuur

Die polisie het inwoners versoek om waaksaam te wees in die feesseisoen as hulle Kersinkopies doen.

“Moenie ‘n vreemdeling se hulp vra wanneer jy geld by ‘n OTM-masjien onttrek nie,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.

Lt. Nhlabathi het ook gesê dat die polisie en verkeersdepartement geen genade sal betoon teenoor diegene wat drink en bestuur nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button