CrimeLocal newsNews

Man se plan laat hom in warm water

Volgens mr. Jakes Coetzee van Hammer Down Auctioneers is daar ’n “mannetjie” in die dorp wat sy besigheid se naam deur die modder sleep.

’n Man se plan om geld te maak het hom in warm water laat beland.

Volgens mnr. Jakes Coetzee van Hammer Down Auctioneers is daar ’n “mannetjie” op die dorp wat sy onderneming se naam deur die modder sleep.

“Standerton is ’n klein dorpie en as mense op Facebook lees van Hammer Down en ‘betaal nie’ word dit beskou dat ek nie mense betaal nie.

“Die probleem het begin toe die jong man van huis tot huis gegaan het en gesê het dat hy vir die onderneming werk.

“Hy het goed geneem en niemand het hulle geld gekry nie.”

Die man het ook glo by ondernemings aangegaan en gesê hy is mnr. Coetzee se kind en met items op skuld weggekom.

Die man se verloofde (volgens haar Facebook-verhoudingstatus) het ingestem dat Standerton Advertiser se joernalis vanaand met hulle gesels om sy weergawe te hoor.

Kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser op 14 November om die volledige berig te lees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button