Ken jy jou regte?

Is jy as ’n Suid-Afrikaaner bewus van jou regte?

Nadat AfriForum verskeie oproepe ontvang het, het dit onder hulle aandag gekom dat nie alle Suid-Afrikaners bewus is van hulle regte nie.

Daarom het die burgerregte-organisasie, wat gemeenskappe se grondwetlike regte beskerm, asook veiliger en meer doeltreffende dorpe regoor die land help skep, besluit om ‘n paar kitsfeite aan die publiek bekend te maak.

• ‘n Munisipaliteit mag nie jou krag afsny sonder ‘n twee weke kennisgewing nie.

• Kennisgewing op die agterkant van jou rekening geld nie in dié verband nie.

• Jy het die reg om beswaar teen ‘n munisipaliteitsrekening te maak.

In dié geval mag die munisipaliteit nie kredietbeheermaatreëls toepas voor die dispuut opgelos is nie.

• As inwoner het jy die reg om insette te lewer oor onder meer die begroting en ander besluite van die munisipaliteit en die munisipaliteit is wetlik verplig om jou insette in ag te neem.

• As ‘n lid van AfriForum, wat ‘n geregistreerde belangegroep in die munisipaliteit is, is die munisipaliteit verplig om ‘n vergadering met jou en AfriForum te organiseer om kwessies aan te hoor wat jy opper.

• Landbougrond is geregtig op rabatte vir grondbelasting.

• Jy kan ‘n siviele eis indien teen die entiteit wat ‘n pad in stand moet hou vir skade wat jou kar opgedoen het weens ‘n slaggat.

• Jy het die reg tot minimum 25l skoon water per dag teen die druk van 10l per minuut en 6000kl per huishouding per maand wat op ‘n gesonde drinkwaterstandaard is.

• Ingevolge die nasionale afvalbestuurswet is onwettige vullisstorting ‘n strafregtelike oortreding wat by die polisie aangemeld kan word.

• Rioolwater moet behandel en met ‘n lisensie gestort word, want die besoedeling van water is ook ‘n strafregtelike oortreding.

• Die polisie mag nie weier om ‘n klag aan te hoor en ‘n saak oop te maak nie.

• Polisie moet identifikasie by hulle dra en jy het die reg om ‘n polisiebeampte se besonderhede aan te vra en hy moet dit aan jou verskaf.

• As jy ‘n klag indien moet jy ‘n verwysingsnommer kry, insluitend klagtes teen polisielede.

As klagtes nie aangehoor word nie, moet die klagte verwys word na die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button