Verseker ‘n veilige hawe vir jou kind

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) op Standerton lei tans dagsorgsentrums en kleuterskole op en help met die verpligte registrasieproses by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ingevolge die bepalings van die Kinderwet. Registrasie is tweeledig, dagsorgsentrums en kleuterskole móét as deeltydse sorgfasiliteite registreer, sowel as hul vroeë kinderontwikkelingsprogram registreer. Die wet verplig registrasies veral waar daar ses …

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) op Standerton lei tans dagsorgsentrums en kleuterskole op en help met die verpligte registrasieproses by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ingevolge die bepalings van die Kinderwet.

Registrasie is tweeledig, dagsorgsentrums en kleuterskole móét as deeltydse sorgfasiliteite registreer, sowel as hul vroeë kinderontwikkelingsprogram registreer.

Die wet verplig registrasies veral waar daar ses of meer kinders versorg word. Die nasionale norme en standaarde vir beide deeltydse sorgfasiliteite en vroeë kinderontwikkelingsprogramme reguleer dié programme en stel vereistes waaraan voldoen moet word.

Van die vereistes sluit ondermeer in:

• ‘n Ondersoek gedoen moet word wat bepaal of die fisiese ruimte aan die norme en standaarde voldoen

• Dat die vroeë kinderontwikkelingsprogram volgens die wetlike vereistes geskied

• Dat personeel oor die voorgeskrewe vaardighede beskik en die toepaslike opleiding het om wel die program aan te bied

• Dat personeel teen die Kinderbeskermingsregister gemeet word ten einde die veiligheid van kinders te verseker.

(Enige persoon wat ‘n misdryf teen ‘n kind gepleeg het, se besonderhede word in die Kinderbeskermingsregister aangeteken.)

Enige kleuterskool of dagsorgsentrum wat nog nie die opleiding en registrasieproses deurloop het nie, moet met die SAVF in kontak kom en hulle van die vereistes vir die voortgesette bestaan van hul fasiliteite vergewis.

Ouers word ook gevra om daarop te let dat hulle hul kinders by geregistreerde dagsorgsentrums en kleuterskole inskryf en sal hierdeur verseker dat hul kinders in ‘n veilige omgewing met ‘n goedgekeurde program versorg word.

Related Articles

Back to top button