Local sportSport

Christo speel rugby in Dubai

Volgens hom is fiksheid belangrik en oefentye is vier keer, twee uur lank, weekliks.

Christo Willemse, ‘n gr.10 leerling van Ligbron Akademie vir Tegnologie droom groot.

Hy is vir die 0/16- Noordvaal Rubyspan gekies wat vanaf 3 tot 13 Oktober in Dubai toer.

Sy grootouers, mnr. Thys en me. Wilna Strydom, is jarelange inwoners op Standerton.

Sy verbasing was groot toe hy die gesogte span gehaal het.

“Ek kon nie glo toe hulle my naam gelees het nie.”

Christo het op sesjarige ouderdom met rammetjierugby by Haas Das Kleuterskool begin.

Sedertdien het hy flank en vaskopstut gespeel en sal as loskopstut sy staal oorsee wys.

Dit sal die eerste keer wees wat vlieg, sowel as die eerste keer oorsee toer.

Hy beplan om van rugby ‘n beroep te maak, maar as dit nie realiseer nie, sal hy siviele ingenieurswese oorweeg.

“Ek sal maar sien wat die toekoms inhou.”

Koshuisinwoning, met die spesifieke tye wat opsy gesit word, help hom om sport en akademie baas te raak.

Volgens hom is fiksheid belangrik en oefentye is vier keer, twee uur lank, weekliks.

Die Noordvaal Rugbyspan is ‘n verteenwoordigende span wat op meriete uit verskeie provinsies verkies is.

Die Valke-unie het die nasionale rugbyweek in Junie in Vanderbijlpark aangebied.

Dié dorpsjapie het teen spelers van skole soos Grey Kollege, Hoërskool Monument en Afrikaans Hoër Seunsskool te staan gekom.

Hy moes egter weens ‘n voetbesering die Cravenweek misloop.

Sy helde is Heinrich Brüssouw en Jaco Kriel, hoewel die bloed blou loop in die Superugby-kompetisie.

Sy meisie, Leóma Heres, is trots op hom en is gereeld langs die veld wanneer hy opdraf.

Volgens haar sou Christo nie sonder sy sterk geloof die prestasie bereik het nie.

Sy raad aan ander rugbyspelers is:

“Byt vas en glo in jouself.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button