Local newsNews

Plaasaanval naby Chrissie gefnuik

’n Moontlike plaasaanval is gefnuik toe ’n boer van Chrissiesmeer, mnr. W.P. Fick Donderdagaand drie onbekende mans by die voordeur van sy plaaswoning verjaag het.

’n Moontlike plaasaanval is gefnuik toe ’n boer van Chrissiesmeer, mnr. W.P. Fick Donderdagaand drie onbekende mans by die voordeur van sy plaaswoning verjaag het.

Mnr. Fick het omstreeks 19:00 televisie in sy sitkamer gekyk toe sy honde buite begin blaf het. ’n Hond wat in die huis was het ook angstig geblaf. Toe hy die hond laat buite gaan het, het hy die mans gewaar. Hy het die deur vinnig toegedruk en die mans sien weghardloop. Nóg twee mans het uit ’n ander rigting van die werf af weggehardloop.

Mnr. Fick het hulp ontbied en ’n soektog na die mans is deur polisie, lede van die plaaswag en buurtwag en Acsu geloods.

’n Aantal beeste word van die plaas vermis.

Niemand is in verband met die insident aangekeer nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button