GalleriesLocal newsNewsSchoolsSchools galleries

Standerton Hoërskool se matrieks het goed presteer.

Party het van winkel tot winkel gery op soek na die vroeë uitgawe van die dagblaaie wat die land se gr. 12 uitslae gedruk het.

STANDERTON – Met die rekord- en eindeksamen lankal vergete, beplande vakansies ook iets van die verlede het die matriekgroep van 2013 verlede Dinsdagoggend vroeg uit die vere gespring om hulle name naarstigtelik in die koerant op te soek.

Party het van winkel tot winkel gery op soek na die vroeë uitgawe van die dagblaaie wat die land se gr. 12 uitslae gedruk het.

Die leerlinge het op strepe opgedaag by Hoërskool Standerton (SHS) om hulle finale uitslae by die skool te gaan haal.

Daar was blydskap en trane van vreugde dat die lang gewag verby was en die verligting dat ’n jaar se harde werk nie tevergeefs was nie.

SHS het 131 leerlinge gehad wat geregistreer was om hulle senior sertifikaat te skryf en het ’n 98,47 slaagsyfer behaal.
Vyf-en twintig leerlinge het altesaam 166 onderskeidings behaal met Bianca Schoonraad wat presteer het met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 90 persent, wat haar ook die toppresteerder van SHS gemaak het.

Sy gaan ’n verdere vier jaar aan die Universiteit van Noordwes, B.Com Rekeningkunde studeer.

Sy was sedert gr. 8 elke jaar die Dux-leerling met haar uitmuntende uitslae en het erken dit het bloedsweet gekos, maar dat alles die moeite werd was.

Haar duidelike trotse ouers, me. Stephnie en mnr. Theuns Schoonraad, het saam met haar skool toe gegaan om haar uitslae te gaan haal en mede-leerlinge het haar onophoudelik met haar prestasies gelukgewens.

Bhavik Naran het ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 88 persent behaal, met 99 persent vir Rekeningkunde en met sy gelukwensing het die skaam seun net geglimlag en baie dankie gesê.

Die Manser-tweeling het tussen die twee van hulle weggestap met agt onderskeidings, Rozelle met vyf en James het drie verwerf.

Marize Janse van Rensburg, wat ook ses onderskeinings verwerf het met ’n gemiddeld van 85 persent, gaan regte aan die Universiteit van Noordwes studeer.

Nog ’n slimkop, Magdaleen van Jaarsveld, het ses onderskeidings gekry en haar gemiddeld was 87 persent.

Die onderwysers en die hoof, mnr. Hennie Pretorius, het breëbors by die tafels gestaan om die leerlinge geluk te wens met hulle prestasies.

So begin die leerlinge se res van hulle lewens en dit was duidelik dat hulle opgewonde was daaroor.

Die uitslae was soos volg:

Sewe ondeskeidings:

1.  Bianca Schoonraad.

Ses onderskeidings:

1.  Marize Janse van Rensburg.

2.  Jana Marneweck.

3.  Bhavik Naran.

4.  Magdaleen van Jaarsveld.

Vyf onderskeidings:

1.  Nosipho Coka.

2.  Michelle Lombard.

3.  Rozelle Manser.

Vier onderskeidings:

1.  Merriam Bushula.

2.  Christiaan Byleveld.

3.  Rafee’s Cassim.

4. Mariska Cronjé.

5.  Vivek Daya.

6.  Wilque Hefer.

7.  Melinda Kritzinger.

8.  Simoné Schutte.

9.  Lungile Tshabalala.

Drie onderskeidings:

1.  Julien Ferreira.

2.  Siyamthanda Hadebe.

3.  Courtney Henri.

4.  Bianca Jacobs.

5. Christelle Kruger.

6.  James Manser.

7.  Mbali Maseko.

8.  Nomcebo Masilela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button