CrimeLocal newsNews

Kasselman Veiligheidsdienste gee nie op voor verdagtes vasgetrek is nie

Verdagtes het hulle vasgeloop.

STANDERTON – Huisbrake is al deel van die alledaagse bestaan en met die feesseisoen van ‘n kort rukkie gelede, het skurke nie teruggestaan nie.

Mnr. Willie Griesel in sy helikopter wat gehelp het met die soektog na vier verdagtes.  Hy het laag oor die huise gevlieg waar hulle vermoedelik weggekruip het.
Mnr. Willie Griesel in sy helikopter wat gehelp het met die soektog na vier verdagtes. Hy het laag oor die huise gevlieg waar hulle vermoedelik weggekruip het.

Die dae toe dit net in die nag gebeur het is ook verby, nou maak die sonskyn dit makliker vir die boewe om te sien wat om hulle aangaan.

‘n Huiseienaar was verstom toe hy onlangs dorp toe is en met sy terugkeer besef het sy skootrekenaar is uit sy huis gesteel.

Vakansieplanne is reeds gemaak en hy kon dit nie laat vaar omdat sy rekenaar weg is nie.

Die reaksiebeampte van Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) het roetine-patrollie gedoen toe hy vier onbekende jong mans gewaar het.

Toe hulle besef het dat die beampte hulle gesien het, het hulle probeer weghardloop.

Nadat hulle oor die heining gespring het, het die sekuriteitswagte wat by die kollege wagstaan, hulle gesien en dadelik alarm gemaak.

Die inbrekers het weer teruggespring en van een erf na die ander oor die heinings geklouter.

Mnr. Jannie Kasselman en sy beamptes het laer getrek om die huise in dié blok met Standerton Polisie wat ook byderhand was.

Mnr. Willie Griesel het dadelik hulp aangebied en was vinnig in die lug met sy helikopter.

Hy het heen en weer bo-oor die huise gevlieg, op soek na die skurke.

Na ‘n telefoonoproep het die KVD-beamptes die soektog uitgebrei en drie verdagtes op pad na die Bethal-pad vasgetrek.

Die Standerton Polisie het hulle in hegtenis geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button