Local newsNews

Jong ma sterf skielik

Anna Dorethia Potgieter, beter bekend as Dorothy, ’n 28-jarige ma van twee kleuters, is verlede Maandagaand skielik aan natuurlike oorsake dood.

Anna Dorethia Potgieter, beter bekend as Dorothy, ’n 28-jarige ma van twee kleuters, is verlede Maandagaand skielik aan natuurlike oorsake dood.

Dorothy was die vrou van Johan (Seun) Potgieter en ma van Kayla en Chené.

Sy was baie geliefd onder haar vriende, kollegas en familie en word deur almal onthou vir haar onberispelike voorkoms en groot liefde vir haar kinders.

Haar sussies onthou haar as ’n drukkie-mens wat baie liefde gehad het om te gee.

Vir haar ma, Maryna, is sy die mooiste blom in Jesus se tuin wat nou gepluk is en ’n dogter wat altyd liefdevol was.

Haar man onthou haar ook in die begrafnisbrief as iemand wat mooi was van binne en buite en altyd ’n sprankel in haar mooi bruin oë gehad het.

Dorothy is in Evander gebore en het haar hoërskoolloopbaan aan EHS voltooi.

Sy was werksaam by ’n bekende prokureursfirma in die dorp.

Sy word oorleef deur haar man, twee kinders, broer Jandré, susters Nita, Phiasje en Madi, ma Maryna en stiefpa Jan.

’n Begrafnisdiens vir Dorothy het verlede Vrydag om 11:00 in die NG Kerk Oos-Gemeente plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button