Local newsNewsSchools

Toks en Tjops kuier by Erries

Die geselligheid het deel gevorm van die Erries se eeufeesvieringe en het die ideale geleentheid gebied om gees te vang voor Saterdag se groot rugbywedstryd teen Hoërskool Hoogenhout.

Selfs Ermelo se weer was gunstig en die sowat 480 gaste kon Vrydagaand gesellig in die opelug op Hoërskool Ermelo se terrein kuier saam met die aanbieders en gaste van die gewilde Toks en Tjops, wat regstreeks op televisie uitgesaai is.
Die geselligheid het deel gevorm van die Erries se eeufeesvieringe en het die ideale geleentheid gebied om gees te vang voor Saterdag se groot rugbywedstryd teen Hoërskool Hoogenhout.
Die aanbieders, Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholser, saam met gaste Hein Mentz, president van die Mpumalanga Rugby-unie, Johan van der Wath (oud-Protea), Jacques du Plessis (Blou Bul en nou lid van die Bokke se oefengroep) en later die kapteins van die twee skoolrugbyspanne het oor krieket, rugby en ander sportaangeleenthede gepraat, terwyl Toks en Tjops se kok, Vaatjie, die braaiwerk gedoen en sanger Ray Dylan en sy kitaar die gaste met sy sang en musiek vermaak het.
Die gaste het gesmul aan die heerlike potjiekos wat gestaan en prut het en ná afloop van ’n geslaagde veiling is daar gesellig saamgekuier.
Die hoof en personeel bedank DJ en Dirk Koch van PicknPay vir hul borgskap en die Errie Unie vir hul bydrae tot ’n genotvolle aand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button