School sportSport

Laerskool Ermelo te sterk vir Bethallers

In ’n mooi gebaar van buurmanskap en welwillendheid het Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste rugbyspan hul jonger bure besoek en hul deurentyd ondersteun en aangemoedig.

Laerskool Ermelo se eerste rugbyspan het verlede Donderdag tuis teen Laerskool HM Swart van Bethal in ’n groep 7-ligawedstryd te staan gekom en die Bethallers met 40 – 24 geklop.

Die eerste helfte was ’n redelik gelykop-stryd met albei spanne wat om die beurt punte aangeteken het.

In die tweede helfte het Laerskool Ermelo egter die oorhand begin kry en met die bul-agsteman Sibusiso Shongwe aan die spits met sy stormram-lopies, het die Ermeloërs die drieë ingeryg om die wedstryd uiteindelik maklik te wen.

In ’n mooi gebaar van buurmanskap en welwillendheid het Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste rugbyspan hul jonger bure besoek en hul deurentyd ondersteun en aangemoedig.

Ligbron is die huidige kampioene van die Superreeks vir hoërskole.

Uitslae van Laerskool Ermelo se ander rugbyspanne asook dié van die netbalwedstryde was teen druktyd nie beskikbaar nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button