Local sportSport

Hengelaars trotseer wisselende weer

Hitte, sterk wind en reën kon die hengelaars nie stuit nie en ’n totaal van 378 visse is die naweek ingeweeg.

Ermelo Sosiale Hengelklub het die jaar met ’n naweekompetisie op 11 en 12 Januarie by Eilandsmeer begin.

Met groot opgewondenheid en hoë verwagtings van wat dié meer sou oplewer, het die hengelaars elk ’n plek gekies en die hounette het sommer gou begin swaar raak.

Saterdag om 3nm is ingeweeg en die aandsessie het begin, Sondagoggend om 10vm was die laaste inweegsessie.

Hitte, sterk wind en reën kon die hengelaars nie stuit nie en ’n totaal van 378 visse is die naweek ingeweeg.

Ben Muller het weggestap met die pryse vir die grootste karp en barber, terwyl die prys vir die swaarste sak aan Albert Swart gegaan het.

In die junior afdeling het Duncan Swart met die louere weggestap met ’n totaal van 38 visse, Tristin Smuts was tweede met 18 en Clinton Muller derde met 14.

Roux Muller het vierde geëindig met vyf visse.

Albert Swart het die senior afdeling gewen met 76 visse, in die tweede plek was Lourens Holtzhausen met 80, Lukas Holzhausen se 43 visse het aan hom ’n derde plek besorg, Ben Muller was vierde met 26 en Charles Barlow het met 23 visse vyfde geeïndig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button