CrimeNews

Man gevonnis vir huisbraak

16 jaar gevangenisstraf

Robert Council Sithole (32) is Maandag in die Streekhof op Ermelo tot 16 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagtes van huisbraak, diefstal en die onwettige besit van ’n vuurwapen. Die vonnisse spruit uit oortredings wat tussen 2 en 11 Mei vanjaar op Morgenzon gepleeg is.

Op ’n aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal is Sithole tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis en op die tweede aanklag van diefstal is hy tot vyf jaar gevonnis. Die derde aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen het die beskuldige ’n verdere sewe jaar gevangenisstraf op die hals gehaal.

Sithole is ook ingevolge Artikel 103 Wet 60/2000 onbevoeg geag om ’n vuurwapen te besit. Die vonnis is deur streeklanddros S. Hallatt opgelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button