Local newsNews

Secunda sanger neem tweede CD op

Hy het, in 2015, toe me. Du Toit se neef op ’n plaas vermoor is, ’n liedjie geskryf en aan hom opgedra.

SECUNDA – Henco du Toit, plaaslike sanger en musiekman, werk tans hard aan sy derde solo album, My Droom, wat hy teen volgende jaar sal vrystel.

Musiek is in Henco se bloed en sy oupa, mnr. Kok du Toit, het hom geleer kitaar speel toe hy 14 jaar oud was.

Henco het, toe hy 17 jaar oud was, sy eie boeremusiek-orkes naamlik Klein Begin, gestig en meestal in kuierplekke in die Vaal Driehoek en by familie-geleenthede opgetree.

Sy pa, mnr. Frikkie du Toit en sy neef, mnr. Riaan du Toit ,was saam met hom in dié orkes.

Henco het sowat twee jaar later die Lekker Dans Orkes gestig wat steeds uit hom, sy pa en sy neef bestaan het, maar sy broer, mnr. Deon du Toit, en ‘n vriend, mnr. Hein Griessel, het bygekom.

Die orkes het toe uit vyf lede bestaan en hulle het bietjie meer rondgereis en by meer plekke opgetree.

Dié orkes het in 2007 ‘n CD naamlik, Lekker Dans Boerebeat, vrygestel.

Henco se droom om sy eie CD vry te stel, is toe hy 23 jaar oud was, bewaarheid toe hy ‘n solo-snit opgeneem het.

Henco du Toit se nuutste CD sal volgende jaar beskikbaar wees. [Foto verskaf]
Hy het toe net ses maande gesing.

“Ek was altyd in die orkes, maar die sang was ‘n ander storie,” het Henco vertel.

“Ek was baie skaam en het in die begin tussen die luidsprekers gestaan en sing toe ek nog deel van die orkes was.”

Hy het op skool, toe hy 13 was, by feeste opgetree en gesing, maar het dit op hoërskool gelos omdat hy gedink het dit is nie iets vir seuns nie.

Hy het al die kans gekry om vir die destydse orkes, die Kitaar Kêrels, te speel en in 2010 het hy saam met die Kitaar Meesters wat uit Gerhard Meyer en Jannie Ludick bestaan het, ‘n CD saam opgeneem.

Dit was egter moeilik vir die orkeslede om saam te oefen omdat Henco op Secunda gewoon het en die ander lede op Klerksdorp en Lichtenburg. Hy het ook die kans gehad om deur Freddie Nest ‘n CD op te neem ‘n jaar voordat dié sanger dood is.

Die titelsnit op dié CD, “My Bokkie My Bekkie My Baby”, het Henco self geskryf en hy het ‘n duet saam met Nest gedoen.

Dié snit het goed gevaar op ‘n paar radiostasies in Suid-Afrika en was onder die top 20-treffers.

Sy musiek het veral goed gevaar in die Vaal Driehoek en Henco is daar ‘n bekende onder musiekliefhebbers.

Hy het twee toekennings ingeryg vir sy musiek en is in 2010 deur Triangle Music as Sanger van die Jaar aangewys.

Kieweit Records het hom in 2018 met ‘n toekening vir die beste boeremusiek vereer.

Henco het vir jare as senior passer op Sasol gewerk en werk tans as waarnemende voorman by Sasol.

Hy het sy musiekloopbaan in 2017 gelos toe hy na die Noordwes verhuis het en sy eie onderneming daar oopgemaak het. Hy was egter teen Maart verlede jaar weer terug by Sasol op Secunda en het besluit om weer in sy vrye tyd op sy musiekloopbaan te fokus.

Een van sy liedjies, Gly Verby, wat hy op sy kitaar en met ‘n sigaretaansteker speel, was vir weke die nommer 1-treffer op Bobaas Boeremusiek op IFM Radio.

Van sy ander liedjies wat ook op die trefferlyste geboer het, is “Horison Verlange” en “Iemand soos Jy”.

Henco se vrou, me. Cherisse du Toit, is sy grootste aanhanger en steunpilaar en die paartjie het onlangs by die Bikers Kerk op Secunda as deel van die voorsangspan aangesluit.

Me. Du Toit doen Henco se klank as hy optree en gaan saam met hom na al sy vertonings.

Die Du Toit-egpaar het drie kinders van onderskeidelik een, sewe en agt jaar oud.

“My vrou en my lewensomstandighede inspireer my om self meeste van die liedjies op my CDs te skryf,” het Henco gesê.

Toe me. Du Toit se neef in 2015 op ‘n plaas vermoor is, het Henco ‘n liedjie geskryf en aan hom opgedra. Toe ek die slegte nuus gehoor het, het ek kamer toe gegaan en begin skryf.”

Hy het onlangs sy derde gospelliedjie, wat ook op sy nuwe CD gaan wees, klaar geskryf. Henco kan verskeie instrumente wat die ritmiese kitaar, hoofkitaar, ritmiese baskitaar, die banjo, die klawerbord en die bekfluit insluit, speel.

Hy kan so bietjie konsertina ook speel.

Hy kan nie note lees nie en speel sedert hy kan onthou net op gehoor.

Radio Kragbron het om genader om deel van hulle padskoue te wees en saam met hulle by dié geleenthede op te tree.

As Henco kans kry oefen hy graag in die gimnasium.

Henco du Toit voel deesdae tuis met ‘n kitaar in sy hande op die verhoog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button