School sportSport

Hoërskool Oosterland en Stoffberg ding mee op Secunda

Hoërskool Oosterland se eerste rugby span het hulle wedstryd verloor teen Hoërskool Stoffberg

SECUNDA – Hoërskool Oosterland het hul wintersport met tuiswedstryde afgeskop teen Hoërskool Stoffberg op 28 Februarie.

Ter voorbereiding van die wintersportliga neem Hoërskool Oosterland deel aan die NWU-reeks. Verskillende skole vanuit verskeie provinsies meet hier kragte in rugby, hokkie, netbal en skaak.

Die Oosies se 0/16-rugbyspan het die beste wedstryd van die dag gespeel en het vir Stoffberg met 26-5 geklop.

Die ander rugbyspanne het hul wesdryde verloor.

Die dogtershokkiespanne het goeie tellings aangeteken. Die eerstespan het 3-0 gewen, die 0/16-span het 9-0 gewen, die 0/15s het 3-4 verloor, en die tweedespan het 2-3 verloor.

Die netbalspanne het almal die spit afgebyt.

Oosterland speel weer tuis teen Hoërskool Pretoria Noord op Saterdag, 7 Maart.

Meer fotos beskikbaar hier:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/156349/galery-hoerskool-oosterland-se-wintersport-seisoen-skof-af/

Related Articles

Back to top button