School sportSport

Secunda-atlete maak skoonskip op Delmas

Leerders ryg medaljes in by atletiekbyeenkoms

SECUNDA – Hoërskool Secunda se atlete het op Vrydag 7 Februarie by ’n atletiekbyeenkoms op Delmas presteer en nuwe rekords opgestel.

Nkanyiso Mashiteng het ’n goue medalje in die 100m-naellope vir S0/14 gewen en het ook ’n nuwe rekord in 200m vir S0/14 opgestel.

Brink le Grange het tweede plekke in 100m, 200m en verspring vir S0/14 behaal.

Suné Stander was derde in 100m-naellope vir D0/15.

Siyanda Mkanza het ’n nuwe rekord in verspring vir S0/15 opgestel en het ook eerste plekke in die 100m- en 200m-naellope behaal.

Liedard Smith het die 100m-naellope vir S0/16 gewen, Ronnie Tshabalala was eerste in verspring vir S0/17 en tweede in 100m-naellope en Hado Cloete het ’n derde plek in 100m-naellope vir S0/17 behaal.

Charissa Venter en Renè Beukes van Hoërskool Secunda hardloop by ’n atletiekbyeenkoms by Hoërskool Delmas. (Foto: Liesl Pretorius).

Owama Malope het die 200m-naellope vir S0/16 gewen, Oratile Molaba het die 200m-naellope vir D0/17gewen, Nika Thomas het die 800m-wedloop vir D0/14 gewen en Liane Parks die 800m-wedloop vir D0/15.

Liane het ook die 3 000m-wedloop se rekord verbeter.

Haar ousus, Michelle het die 800m- en 1 500m-wedlope vir D0/17 gewen en het ook die 3 000m-rekord verbeter.

Sharona Klein het die 800m-wedloop vir D0/16 gewen en Vusi Gamede vir S0/16.

Brilliant Mhlanga het ’n nuwe rekod in die 400m-naellope vir S0/15 opgestel.

Lerato Kekana het ’n goue medalje in hoogspring vir D0/14 verdien, Ryan Erasmus was eerste in verspring vir S0/14 en Stefan Bezuidenhout was eerste in gewigstoot vir S0/14 en tweede in skyfwerp.

Jessica van den Berg het die gewigstoot-rekord vir D0/15 verbeter en het ook die in skyfwerp gewen, met Marjohandri Wilken tweede in gewigstoot vir D0/15.

Etienne Pretorius het ’n silwermedalje in gewigstoot vir S0/17verwerf, Dian Landman was eerste in gewigstoot vir S0/19, Ethan Young was eerste in skyfwerp vir S0/14 en Jayden Schnuir was eerste in skyfwerp vir S0/15.

Cherise Stapelberg het die spiesgooi vir D0/15 gewen en Nicole Lindeque het ’n nuwe rekord in spiesgooi vir D0/17 opgestel.

Stefan Bezuidenhout van Hoërskool Secunda in aksie op Vrydag, 7 Februarie in die skyfwerp vir S0/14. Hy het tweede geëindig. (Foto: Liesl Pretorius).

Related Articles

Back to top button