Local newsLocal sportNewsSport

Netbalspanne meet kragte

Binnenshuise netballiga duur voort.

SECUNDA – Die vierde week van die binnenshuise netballiga het verlede week by Lake Umuzi afgeskop en Hot Rods en die Fighting Hens het Woensdag, 25 Junie kragte gemeet en die Hot Rods het die wedstryd gewen met ’n telling van 48-28.

Die Puss & Boots-span en die E-Lemon-Nators het ook op dié dag kragte gemeet en die Puss & Boots-span het die wedstryd met ’n telling van 65-9 gewen.

Die Buns & Guns-span en die Sublime-span het mekaar Vrydag, 27 Junie die stryd aangesê en die Buns & Guns-span het die wedstryd met ’n telling van 45-27 gewen.

Die Bethal Stingers het die Jaquars op dieselfde dag geklop met ’n telling van 48-19.

Belangstellends is welkom om na die wedstryde wat op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 6nm by Lake Umuzi plaasvind, te gaan kyk.

Die Sublime-span en die Fighting Hens het Maandag, 30 Junie kragte gemeet en die Puss & Boots-span en die Underdogs speel Woensdag, 2 Julie om 6nm teen mekaar en die Fighting Hens en die Silent Assassins op dieselfde dag om 7nm.

Die Hot Rods- en die Black-Magic-span speel Vrydag, 4 Julie teen mekaar.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button