Local sportSport

Jong Bethaller blink uit as SA wenner

Sy word eers in Desmeber vanjaar 13, maar het in die ouderdomsgroep onder 13- Elite afdeling deelgeneem.

BETHAL – Anke Arlow (12) het ’n eersteplek tydens die Suid-Afrikaanse akrobate kampioenskap los gedans.

Sy word eers in Desmeber vanjaar 13, maar het in die ouderdomsgroep onder 13- Elite afdeling deelgeneem.

Provinsies wat ook deelgeneem het was Noord Gauteng, Sentraal Gauteng, Limpopo, Kaap Provinsie, Noordwes, Vaaldriehoek en Mpumalanga.

Van graad nul af, is sy al deel van die Lorraine de Vos Akrobate dansskool op Bethal.

Met die Loshali-kunswedstryd wat in Middelburg van 20 tot 25 September aangebied is, het sy onder die Preliminary Championship gedans.

Tydens die kunswedstyd wen sy haar afdeling.

In dié afdeling moet hulle in drie verskillende katogorieë deelneem.

’n Wenner word uit elke katogorieë gekies naamlik, Solo dans, Karakter uitbeeld en Improvisasie.

Almal moet aan die drie katogorieë deelneem en ’n algehele wenner word dan gekies.

Anke was die algehele wenner van al drie die katogorieë waarin sy deelgeneem het, en ontvang die Preliminary Championship-trofee en ook die trofee vir beste karakter van die Kunswedstryd.

Gedurende die vyf dae wat die Kunswedstyd plaas gevind het, was daar 23 Karakters wat gedans het, uit verskillende ouderdomsgroepe en verskillende afdelings.

Die groep en ook ’n trio waarin sy gedans het, en ook hulle het ’n eersteplek gekry.

Haar eksamenpunt wat sy in Februarie gedans het, was 95 persent.

Sy be-oog om volgende jaar haar junior studente diploma te voltooi.

Haar grootse droom is om eendag haar eie akrobate ateljee oop te maak waar sy dan ook kan klas gee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button