Local sportSport

Stoeiers presteer by kampioenskap

Sasol Stoeiklub se stoeiers vaar goed

SECUNDA – Stoeiers van Sasol Stoeiklub het weer skoonskip gemaak toe hulle onlangs aan die Suid-Afrikaanse Jeug Grieks-Romeinse en Vrystyl Stoeikampioenskap in Pretoria deelgeneem het.

Pieter Bezuidenhout het ’n tweede plek in die 0/9-vrystylafdeling behaal en Tiaan Carelse het ’n tweede plek in die 0/13-Grieks-Romeinse- en vrystylafdelings behaal.

Jordan Webb het derde in die 0/13-Grieks-Romeinse en 10de in die vrystylafdeling geëindig, terwyl Reagen Meyer vyfde in die 0/10-vrystylafdeling geëindig het en Zander Scheepers negende in die 0/13 Grieks-Romeinse- en 12de in die vrystylafdeling.

Nico van den Berg het aan die Suid-Afrikaanse Senior Stoeiproewe deelgeneem om in aanmerking te kom om aan die Afrika Senior Stoeikampioenskap deel te neem en hy het eerste geëindig.

Me. Elma Webb en me. Erika Meyer was die spanbestuurders terwyl mnr. Johan van den Berg as afrigter opgetree het en me. Lollie van den Berg as adminbeampte.

Related Articles

Back to top button