EntertainmentLifestyle

Silwerjare Tehuis op Bethal bied hul eerste kermis aan

Die kermis sal by die Gereformeerde Kerk Bethal plaasvind op 2 November.

BETHAL – Silwerjare Tehuis vir Bejaardes bied op Saterdag, 2 November van 9vm to 2nm ‘n kermis aan ten bate van die tehuis.

Dit is ‘n geldinsamelingsprojek.

Die kermis sal by die Gereformeerde Kerk op Bethal plaasvind.

Verskeie lekkernye en allerlei ander artikels wat sinoniem met ‘n egte kermis is, sal te koop aangebied word.

Kinders word nie uitgesluit nie en ‘n verskeidenheid aktiwiteite is ook vir hulle gereël.

Moet verseker nie die heerlike gebraaide wors en sosaties mis nie. Mense of instansies wat graag ‘n stalletjie wil bespreek vir die dag, is welkom. Daar is nog ruimte vir uitstallers.

Skakel die kantoor by 017 647 2545 of 082 873 1762 vir besprekings of enige navrae.

Related Articles

Back to top button