Local newsNews

Man se lewe verander drasties na vioolspinnekop hom byt

Na die spinnekopbyt, het die weefsel in sy lieste waar hy gebyt is, egter begin vrot.

SECUNDA – Mnr. Hannes Hayward (61) se lewe het onherroepelik verander 11 jaar gelede toe ‘n vioolspinnekop hom gebyt het.

Hy het, toe hy 19 jaar oud was, ‘n rugbesering opgedoen wat hom vanaf sy knieë ondertoe verlam gelaat het.

Hy kon egter toe nog met krukke of stutte om sy bene loop.

Na die spinnekopbyt, het die weefsel in sy lieste waar hy gebyt is, egter begin vrot.

Mnr. Hayward moet sedertdien ‘n rolstoel gebruik om oor die weg te kom.

Mnr. Hayward het nie ‘n mediese fonds nie en moes al vir verskeie operasies in staatshospitale gaan om sy lieste gesond te kry, maar dit word nie beter nie.

Me. Ilse Cooper, wat voorheen by Kansa gewerk het, help mnr. Hayward gereeld om sy wonde te versorg en het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om hom te help.

Mnr. Hannes Hayward sukkel al 11 jaar met wonde nadat ’n vioolspinnekop hom gebyt het.

Weens sy wonde wat nie gesond word nie, moet hy gereeld nuwe pleisters en verbande kry en meeste kere wat hy by die staatshospitale vra vir verbande, het hulle nie.

Mnr. Hayward kry ‘n ongeskiktheidspensioen van R1 700 maandeliks en hy het gesê dit word omtrent net so vir verbande en pleisters aangewend.

Voordat hy verlam geraak het, het hy by die Spoorweë in Pretoria as vakleerling vir ‘n dieselwerktuigkundige gewerk.

Sedert hy egter op die ouderdom van 19 ‘n semi-parapleeg geword het, kon hy net los werkies hier en daar doen en kon nie ‘n vaste salaris verdien nie.

“Ek gebruik sowat 10m pleister in 10 dae om sy wonde te versorg en baie pakke gaas,” het me. Cooper gesê.

In die operasies wat mnr. Hayward al ondergaan het, moes dokters al dele van sy boud en bene tot op die been wegsny.

Enige iemand wat mnr. Hayward wil help, kan me. Cooper skakel by 079 211 0346.

Mnr. Hannes Hayward sukkel al 11 jaar met wonde nadat ’n vioolspinnekop hom gebyt het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button