SECUNDA – Die Rondekerk het die afgelope naweek hul jaarlikse Rondefees by die kerk aangebied.
Die fees het op Vrydagaand afgeskop met ’n eenmanvertoning deur ds. Henry Stopforth en is gevolg op Saterdag, 26 Oktober met stalletjies en vermaak vir die kinders.
Die stalletjies het allerlei lekkernye, gevriesde etes en ander items verkoop terwyl die kinders kon baljaar in die sandput of vir ’n rit op die meganiese bul kon gaan of op die springkastele kon spring.