Local newsNews

Sukkelaartak staan saam

Me. Maureen Coetzee is al vir 46 jaar ’n lid van die VLU.

BETHAL – Me. Maureen Coetzee, voorsitter van die VLU Sukkelaartak, is al vir 46 jaar by die Vroue Landbou-Unie betrokke.

Sy het in 1964 op Morgenzon vir die eerste keer by ’n VLU-tak aangesluit.

“Ek het ’n VLU-vergadering saam met my vriendin bygewoon en haar ma was die voorsitter van die VLU-tak in Davelweg en toe besluit om ’n lid van die VLU te raak,” het me. Coetzee gesê.

Volgens me. Elaine Koch, sekretaris van die Sukkelaartak, is me. Coetzee al vir meer as 20 jaar op die bestuur van die VLU en sy is vanjaar weer as die voorsitter van die tak aangewys.

In haar vrye tyd doen sy naald- en borduurwerk, bak en is by haar kerk betrokke.

Haar lewensmotto is, “Leef en laat leef”.

Sy is in 1957 met mnr. Nico Coetzee getroud en hulle het drie kinders, vyf kleinkinders en een agterkleinkind.

“Ons is al vir 57 jaar getroud,” het sy gesê.

Me. Coetzee het gesê dat die toekomsplanne vir die Sukkelaartak gaan wees om na die buurtak (Bethal) en die gemeenskap uit te reik, om meer jong vroue by die VLU betrokke te kry, te groei en hulpvaardig te wees en om saam te staan.

Die Sukkelaartak se naam kom van die plaas Sukkelaar af en die tak bestaan tans uit 13 ingeskrewe lede en daar word jaarliks 10 vergaderings gehou.

Volgens me. Coetzee is die rol van ’n VLU-voorsitter om lede te motiveer en te inspireer.

Sukkelaartak gee jaarliks ’n boekprys aan die top presteerder in gasvryheid by die prysuitdeling van Hoërskool Hoogenhout.

“Lede van die Sukkelaartak het elkeen ’n geheime vriendin vir wie ons geskenke maandeliks koop en dit is ons manier om aan mekaar terug te gee,” het me. Koch gesê.

Die VLU se missie is om die vrou te bemagtig, om haar uitkyk op die lewe te verrium, haar mensekennis te verbreed, haar aan te moedig en om van haar ’n beter vrou en ma te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button