NewsSchool sportSchoolsSport

Kruinpark se hokkie-sterre mik na Nederland

Bianca en Celine gaan daar aan streekwedstryde en klubwedstryde deelneem en ook by die professionele afrigters opleiding oor tegniek en afrigting ontvang

SECUNDA – Bianca Alberts en Celine Burger, leerders van Laerskool Kruinpark, gaan in Desember in Nederland aan ‘n internasionale hokkietoernooi deelneem.

Dié graad 6-leerders is vanjaar tydens a provinsiale byeenkoms in Tzaneen deur Vision Sport raakgesien.

Vision Sport bied die Nederlandse hokkietoer aan om jong talent verder te ontwikkel.

Dié dogters speel reeds van graad 1 saam hokkie.

Hulle is ook albei aktiewe sportsterre in verskeie sportsoorte.

Buiten haar hokkie-talent, speel Bianca netbal en tennis en het al provinsiale kleure in dans, hokkie en tennis verwerf.

Bianca speel tennis vir haar skool die eerste span en is ook deel van Tennis SA se span.

Tennis is haar groot passie en sy wil graag groot hoogtes daarin bereik.

Celine speel ook netbal, ry fiets en doen gimnastiek.

Sy het ook provinsiale kleure in haar verskeie sportsoorte verwerf.

Nederland is bekend vir van die beste hokkie-afrigters ter wêreld.

Bianca en Celine gaan daar aan streekwedstryde en klubwedstryde deelneem en ook by die professionele afrigters opleiding oor tegniek en afrigting ontvang.

Related Articles

Back to top button