EntertainmentLifestyle

Secunda se Rondekerk bied die produksie Norm@l aan

Kaartjies kos R150 elk en sluit ligte verversings in

SECUNDA – Philip en Lurianne Moolman bied hul vertoning Norm@l by die NG Rondekerk se vroue-oggend op 24 Augustus aan.

Dié groot dag begin om 9.30vm en beloof vir vermaak en goeie geselskap.

Die produksie Norm@l bevat komies-inspirerende liedjies en staaltjies wat “normaal” herevalueer en die gehoor inspireer om hulle drome waar te maak.

Die ontdekkingstog speel hom af in ‘n sitkamer-atmosfeer en bekyk die dinge wat ons dink ander van ons verwag in teenstelling met ons hoër doelstelling.

Met ‘n ideomatiese klip-reistog word die gehoor gemotiveer met liedjies soos “I wanna feel it again”, “Hoender en die Draak”, “Moses 5:3” en “Fight Song” om staat te maak op geloof en hoop.

Kaartjies kos R150 elk en sluit ligte verversings in.

Bespreek en betaal jou kaartjie by die inligtingstoonbank of kerkkantoor van die Rondekerk voor 18 Augustus.

Vir meer inligting, skakel vir Mariëtte by 071 403 2679 of Ilana by 079 772 6933.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button