EntertainmentLifestyle

Radio Raps bring nuutste vertoning na Secunda

Lang Storie Kort handel oor die erns van die lewe waaroor ons eintlik kan ontspan, asook dinge wat ons oorsien waarop ons eintlik meer aandag kan gee

SECUNDA – Almal kan doen met lekker lag gedurende hierdie bizarre tye, en wat beter manier om van al jou probleme te vergeet as ‘n aand van komedie met Jonathan van Radio Raps.

Hy bring sy nuutste vertoning, Lang Storie Kort, na die Graceland Arena op 23 Augustus.

“Die lewe is kort, maar dit is die langste ding wat jy ooit sal doen,” het Jonathan vertel.

Lang Storie Kort handel oor die erns van die lewe waaroor ons eintlik kan ontspan, asook dinge wat ons oorsien waarop ons eintlik meer aandag kan gee.

Jonathan is nie gewild bloot omdat hy snaaks is nie, maar hy gebruik sy sin vir humor om menings oor lewensverwante en relevante sake te deel.

Hy open gedagtes, inspireer sy gehoor, bring sosiale bewustheid en verander perspektiewe.

Wanneer hierdie eienskappe kombineer, is die uitkoms buitengewoon betekenisvol en roerend.

Die vertoning begin om 8nm, maar die deure maak reeds om 7nm oop.

Kaartjies kos R150 elk en kan by Computicket bespreek word.

Die ouderdomsbeperking is 16 jaar.

Hou ‘n oog op die Ridge Times Facebook blad vir ‘n kompetisie om kaartjies te wen na die “Lang Storie Kort” vertoning.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button